Tuesday 3 June 2014

Botterskorsie brood



Botterskorsie brood - RSG
Bestanddele
1 koppie (250ml) saggekookte botterskorsie...
2 koppies (500ml) rogmeel
2 koppies (500ml) witbroodmeel
1 pakkie (10g) kitsgis
Sout en gemaalde swartpeper na smaak

2 telepels (25ml) gesmelte botter
1 koppie (250ml) lou-warm melk
1 koppie (250ml) Cheddarkaas, gerasper
½ koppie (125ml) gekapte roosmaryn-, tiemie- en pietersielieblare
1 eier, geklits
Pampoensaad, opsioneel vir garnering
Verhit die oond tot 180°C en spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei.
Verwerk die botterskorsie in ‘n voedselverwerker tot ‘n gladde puree.
Meng die rogmeel, witbroodmeel en kitsgis saam in ‘n mengbak en geur goed met sout en swartpeper.
Meng die botterskorsie-puree, gesmelte botter en melk saam, voeg by die droë bestanddele en roer met ‘n houtlepel tot deeglik gemeng.
Keer die deeg uit op ‘n skoon oppervlak en knie vir ± 8 minute of totdat die deeg ‘n gladde, elsatiese voorkoms het.
Bedek die deeg en laat rys op ‘n warm plek vir ± 20 - 30 minute, tot dubbel die grootte.
Knie die deeg weer vir ‘n minuut of twee en rol die deeg dan in ‘n reghoek (± 20 cm x 40 cm) uit. Sprinkel die kaas en kruie bo-oor die oppelvlak van die deeg en rol dan op. Bring die twee punte van die gerolde deeg bymekaar en knyp liggies vas om ‘n sirkel te vorm. Plaas op ‘n bakplaat en laat vir 20 minute rys, tot pofferig.
Verf met geklitste eier en bak vir 20 - 25 minute tot goudbruin en gaar.

Metode
Verhit die oond tot 180°C en spuit ‘n bakplaat met kleefwerende sproei.
Verwerk die botterskorsie in ‘n voedselverwerker tot ‘n gladde puree.
Meng die rogmeel, witbroodmeel en kitsgis saam in ‘n mengbak en geur goed met sout en swartpeper.
Meng die botterskorsie-puree, gesmelte botter en melk saam.
Voeg die droë bestanddele by en roer met ‘n houtlepel tot deeglik gemeng.
Keer die deeg uit op ‘n skoon oppervlak en knie vir 8 minute of totdat die deeg ‘n gladde, elastiese voorkoms het.
Bedek die deeg en laat rys op ‘n warm plek vir 20 - 30 minute, tot dubbel die grootte.
Knie die deeg weer vir 2 minute en rol die deeg dan in ‘n reghoek (± 20 cm x 40 cm) uit.
Sprinkel die kaas en kruie bo-oor die oppelvlak van die deeg en rol dan op.
Bring die twee punte van die gerolde deeg bymekaar en knyp liggies vas om ‘n sirkel te vorm.
Plaas op ‘n bakplaat en laat vir 20 minute rys, tot pofferig.
Verf met geklitste eier en bak vir 20 - 25 minute tot goudbruin en gaar.