Wednesday 7 May 2014

Tuisgemaakde Laventel Badsout




Tuisgemaakde Laventel Badsout

Bestanddele:

250 ml (1 k) Epsom sout
250 ml (1 k) growwe seesout
30 ml (2 e) jojoba-olie
‘n handvol gedroogde laventel

Kombuisgereedskap:

skoon mengbak
skeplepel
gesteriliseerde glasfles (om mengsel in te skep)


Metode:

1. Meng die Epsom sout, growwe seesout en jojoba-olie saam in ‘n mengbak.
2. Druk die gedroogde laventel fyn en voeg by die mengsel.
3. Roer die mengsel goed deur en skep in die gesteriliseerde glasfles.

Hoe om te gebruik:

Skep ‘n paar lepels laventel badsout in badwater. Opsioneel kan ‘n paar ekstra druppels jojoba-olie by die water gevoeg word.