Wednesday 7 May 2014

Klapperolie Lyfskrop




Klapperolie Lyfskrop

Bestanddele:

60 ml (¼ kop) klapperolie (gesmelt)
250 ml (1 kop) bruinsuiker


Kombuisgereedskap:

Gesteriliseerde glasfles
Maatlepels


Metode:

1. Meng die gesmelte klapperolie met die bruinsuiker in ‘n mengbak.
2. Roer die mengsel goed deur en skep in ‘n gesteriliseerde glasfles.

Indien verlang, kan ‘n verskeidenheid essensiële olies in verskillende geure by die mengsel gevoeg word. ‘n Paar druppels teeboom-olie kan bygevoeg word om vlekkies op die vel te behandel. Alternatiewelik kan laventel-olie ook gebruik word, aangesien dit ‘n kalmerende effek op die vel het. En vir ekstra bevogtiging kan jojoba-olie bygevoeg word (Raadpleeg ‘n mediese praktisyn om seker te maak dat die essensiële olies geskik is vir jou veltipe)


Hoe om die mengsel te gebruik:

Skep ‘n lepelvol in jou hande en begin van jou voete af opwaarts, in sirkelbewegings, jouself skrop. Maak seker dat jy jouself deeglik afspoel om al die oortollige olie te verwyder. Was daarna ook die stort of bad, om seker te maak dat die volgende persoon wat dit gebruik nie gly nie.