Thursday 15 May 2014

Tamatie-en-spek-BROOD



Tamatie-en-spek-BROOD
MAAK 1 GROOT BROOD
BEREIDINGSTYD 20 MIN (40 MIN RYSTYD)
GAARMAAKTYD 25 – 30 MIN

BESTANDDELE
45 ml heuning
100 ml louwarm water
250 ml karringmelk
60 ml kanola-olie
1 x10 g-sakkie kitsgis
500 g (890 ml) koekmeel
10 g sout
250 g-pakkie spek, fyngesny
250 g gemengde kersietamaties
AANWYSINGS
1 Gooi heuning, water, karringmelk en olie in ’n elektriese mengbak.
2 Voeg die res van die bestanddele by, behalwe die tamaties, en meng tot ’n stywe, kniebare deeg. Knie vir 5 tot 8 minute of tot die deeg glad is. 3 Plaas die deeg in ’n skoon bak wat met olie gesmeer is. Bedek met kleefplastiek en laat rys 30 tot 40 minute op ’n warm plek tot dubbel in volume. 4 Verdeel die deeg in 12 porsies en rol met jou handpalms in ronde balle. 5 Spuit ’n broodpan van 20 x 10 cm met kleefwerende kossproei. 6 Pak die bolletjies styf teen mekaar in die pan en pak die tamaties bo-op.
7 Laat weer rys op ’n warm plek
tot dubbel die volume. 8 Verhit intussen die oond tot 180 °C.
9 Bak vir 25 tot 30 minute of tot brood goudbruin en gaar is.
Met die lente in sig het Herman Lensing, SARIE se kosredakteur, ’n versameling resepte geskep wat jou aanmoedig om jou groente te eet.
Oor dié broodjie sê hy: “Min mense sê maklik nee vir vars brood uit die oond!”
BAKWENK
Gebruik altyd louwarm water om brood te bak – as die water te warm is, sal dit die gis doodmaak.