Thursday 15 May 2014

Lekkerste tamatiesop




Lekkerste tamatiesop
1 - 1,5 kg tamaties (gebruik roma-tamaties of enige ander rooiryp tamaties)
1 ui, gekap
4 heel knoffelhuisies
60 ml olyfolie
Seesout en vars gemaalde swartpeper
60 ml sagte bruinsuiker
750 ml hoender- of groente-aftreksel
5 ml gemaalde komyn, liggies gerooster
60 ml tamatiepasta
30 ml sojasous
250 ml room
Voorverhit die oond tot 200 ºC. Pak die tamaties, ui en knoffel op ’n bakplaat, bedruip met olyfolie en geur met sout en peper. Sprinkel die suiker oor. Rooster vir ongeveer 30-40 minute tot goed bruin. Skep die mengsel in ’n kastrol, voeg aftreksel, komyn, tamatiepasta en sojasous by. Verhit tot kookpunt en laat prut liggies vir ongeveer 35 minute. Verpulp die sop en giet deur 'n sif om van die skilletjies ontslae te raak. Voeg die room by en verhit weer tot kookpunt. Skep in bakkies en rond af met ’n ekstra lepeltjie room, vars kruieblaartjies en ’n draaisel swartpeper. Lewer agt porsies.