Monday 5 May 2014

Sjokoladetert met Vye



Sjokoladetert met Vye

Vir die Soet Deeg: 330gr. Koekmeel, gesif
100gr. Versiersuiker, gesif
180gr. Botter, baie koud
1 Eiergeel
2E Yswater

Vir die vulsel:
500gr. Goeie Kwaliteit Donker Sjokolade, fyn gekap
300ml. Vars Room
100gr. Botter
Vars Vye
Vars vrugte soos Frambose, Aarbeie of Bloubessies

Vir die Soetdeeg: Begin deur die Koekmeel en Versiersuiker saam in ‘n mengbak te sif.
• Rasper nou die koue botter by die meel- en versiersuikermengsel. Meng liggies deur en begin dan die botter liggies met die hande vryf totdat dit soos broodkrummels lyk.
• Meng nou die eiergeel en yswater saam en voeg by die bottermengsel. Meng todat dit ‘n los deeg vorm en gooi uit op ‘n werksoppervlak. Bring die deeg bymekaar, moenie te veel knie of bewerk nie. Rol die deeg toe in kleefplastiek en verkoel vir ten minste 40 minute.
• Finale voorbereiding: Rol die koue deeg uit op ‘n werksoppervlak bestrooi met ‘n bietjie meel. Maak seker dat die deegin die rondte gedraai word sodat geëindig word met ‘n sirkel van ‘n paar millimeter dik. Lê die deeg versigtig oor die tertpan en druk liggies in plek.
• Bak die deeg blond vir 15 minute teen 180°C en Verwyder dan uit die oond. Verwyder die bakpapier en bone, prik die bodem met ‘n vurk en bak vir ‘n verdere 5 minute. Verwyder uit die oond en verkoel tot benodig.

Vir die vulsel: Plaas die gekapte sjokolade en botter in ‘n glasbak. Plaas dan bo-op ‘n pot met stadig-kokende water. Die bodem van die glasbak moet nie aan die water raak nie.
• Gooi intussen die room in ‘n klein kastrol en verhit tot net voor kookpunt. Verwyder van die hitte en gooi versigtig oor die sjokolade en botter.
• Roer versigtig totdat die meeste van die sjokolade begin smelt en die mengsel mooi blink. Verwyder van die hitte en roer tot heeltemal glad.
• Laat die mengsel effens afkoel en gooi dan in die tertdop. Laat die tert toe om af te koel vir sowat ‘n uur voordat dit in die yskas geplaas word vir ongeveer 3 ure of oornag.
• Garneer die tert met vye en enige vars vrugte van jou keuse net voordat dit opgedien word.