Monday 5 May 2014

Dadel- en Vyebrood



Dadel- en Vyebrood

400gr. Nuttywheat-Meel
1T Sout
1 ½ t Kitsgis
50gr. Botter, gesmelt
400ml Water
75gr. Gedroogde Vye, grof gekap
75gr. Gedroogde Dadels, grof gekap


• Plaas al die droë bestanddele in ‘n mengbak.
• Voeg die gesmelte botter en water by en meng goed.
• Bedek die mengbak en laat vir 10 minute rus. Roer of knie die brood vir ‘n minuut of wat totdat dit mooi glad is. Bedek die mengbak en laat die beslag vir ‘n uur lank rus.
• Bestrooi ‘n werksoppervlak liggies met meel en gooi die deeg daarop uit. Knie vir ‘n paar minute. Vorm die deeg in ‘n ronde bal, bedek en laat vir 30-40 minute rus.
• Plaas op ‘n bakplaat, uitgevoer met bakpapier en strooi meel oor die brood. Sny ‘n paar gleuwe in die brood.
• Plaas in ‘n voorverhitte oond van 220°C, bak vir 10 minute en verminder dan die temperatuur tot 180°C vir 40-45 minute.
• Geniet die brood vir ontbyt of as deel van ‘n kaasbord.