Monday 5 May 2014

Pampoen stokbrood oor die kole



Pampoen stokbrood oor die kole

Cindy Menigo en Lorraine Swanepoel
Porsies: 10 porsies

Bestanddele

500 g witbroodmeel
1 pakkie gitsgis
7 ml sout
5 ml suiker
75 ml bier
250 ml gaar pampoen puree
60 ml olyfolie

Instruksies

1. Meng meel, gis, sout en suiker saam in ‘n bak en maak ‘n holte in die middel.
2. Giet die bier, pampoen en olyfolie daarby en meng tot ‘n gladde deeg vorm. Voeg nog meel by indien deeg taai is, of nog bier indien die deeg te droog is.
3. Keer die deeg uit op ‘n meelbestrooide oppervlak en knie vir ongeveer 10 minute tot elasties. Toets met jou vinger, die deeg moet terugbons as jy jou vinger daarin druk.
4. Plaas die deeg in ‘n gesmeerde plastieksak en laat vir 45 minute rys, tot die deeg se volume verdubbel het.
5. Verdeel die deeg in 10 ewe groot balletjies. Vorm elke bal om ‘n stok in ‘n langwerpige vorm.
6. Plaas bo-op die kole en draai elke 2 minute om – die brood kan maklik brand.