Tuesday 13 May 2014

Rogbrood met Beet




Rogbrood met Beet
Jy benodig:
12 Jongbeetjies, gekook of gebak
Rissiekonfyt of soetrissiejellie (of enige ander soet, maar branderige konfyt)...
100g Sagte bokmelkkaas
12 Snye rogbrood, in vierkantjies gesny

Varsgemaalde swartpeper
Vars roketblare
Metode:
Skil die beet terwyl dit nog warm is. Sny in skyfies in ’n bak en roer ’n lepel of twee van die konfyt daardeur. Laat afkoel. Smeer die bokmelkkaas op die brood.Pak die beetskyfies daarop. Geur met swartpeper. Tooi met roketblare en dien op.