Thursday 15 May 2014

Plant groente in jou tuin die naweek

Dit is middel Mei maand en dis tyd om jou kombuistuin reg te kry as jy nognie het nie.
Hier is ‘n riglyn van wanneer jy wat kan plant, maar as jy nognie April se groente in die grond het nie, kan jy steeds, dis nognie te laat nie.
Dink net hoe lekker gaan dit wees as jy later jou eie geelwortels of spinasie uit jou tuin oes.
April

Broccoli, kopkool, blomkool, geelwortels, preie, uie, spinasie, radyse en beet, knoffel, aarbei-saailinge.

Mei
Boerbone, blaarslaai, ertjies, radyse en rape.

Junie
Boerbone, broccoli, kool, geelwortels, preie, ertjies, rape en radyse