Monday 12 May 2014

LEMOENMARMELADE MET SUURLEMOEN OF LEMMETJIE




LEMOENMARMELADE MET SUURLEMOEN OF LEMMETJIE

3 soetlemoene
1 suurlemoen of lemmetjie (met gladde skil)
Water
Witsuiker

Was die lemoene en lemmetjie/suurlemoen en sny alle lelike merkies aan die skille af. Snipper die vrugte fyn en verwyder die pitte. Meer die snippers en voeg 750 ml water by elke 250 ml snippers. Laat dit oornag staan.

Verhit die mengsel die volgende dag en kook dit sowat 30 minute tot goed sag. (Dit is sag genoeg wanneer n vuurhoutjie maklik deur n stukkie skil gedruk kan word.)

Meet weer die mengsel (snippers en vloeistof) en voeg 200 g (250 ml) suiker by elke 250 ml snippers. Verhit dit in n groot konfytkastrol tot kookpunt en roer net totdat die suiker gesmelt het.

Kook die marmalade taamlik vinnig sonder n deksel totdat die stroop dik is ~ voeg n klontjie botter by as dit te veel skuim. Skep die skuim gereeld van die marmalade af terwyl dit kook.

Om vas te stel of die stroop dik genoeg is: Skep n bietjie in n piering en verkoel dit vinnig in die vrieskas. Dis dik genoeg wanneer dit plooitjies vorm as jy dit met jou vinger stoot.

Skep die warm marmelade in droë, gesteriliseerde flesse en verseël.
Lewer sowat 3,5 liter marmalade.