Monday 12 May 2014

Hoe kan ek proteas droog dat hulle hul pienk kleur behou?



JY KAN jou eie blomme en loof droog en ’n rangskikking maak wat jare lank sal hou.
Laat staan blomme en loof in skoon gliserien tot solank die spesifieke blom of blaar deurtrek is. Dit sal leeragtig word, maar tog sag bly.
In plaas van skoon gliserien kan jy ook ’n mengsel van een deel gliserien en een deel water vir dié doel gebruik.
As jy heide wil droog, moet jy die heide in ’n oplossing van een deel soutsuur en elf dele water doop.
Laat die heide dan droog word op ’n koel plek. Die kleur sal behoue bly.
Jy kan ook proteas pragtig droog. Bloues, gerangskik met aluin in die water, sal blou bly as hulle gelos word om droog te word.
Bespuit oop proteas met haarsproei. Dit hou dan nóg langer. – (Bron: Kosbare Wenke, Elize Berkenbosch)