Monday 12 May 2014

Paptert




Pap
1,5 liter warm water
90 ml sagte botter
5 ml gemengde, droë kruie (of droë oreganum)
500 g mieliemeel

Sous
1 ui, fyn gekap
15 ml olie
1 groot Chorizo-wors, baie dun gesny
1-2 knoffelhuisies, baie fyn gekap
1 x 410 g blik gekapte tamaties
125 ml water
30 ml tamatiepasta
3 ml sout
5 ml suiker
3 ml vars gemaalde swartpeper
80 ml onpitte calamata-olywe, fyn gesnipper
10 ml gekapte, vars oreganum
375 ml gerasperde cheddarkaas
1 wiel fetakaas, fyn gekrummel
Vir die pap:
Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n oondbak van 30 cm x 20 cm met botter of olie. Gooi die warm water in ’n groot kastrol en voeg die helfte van die botter en die droë kruie by. Roer tot die botter gesmelt is. Gooi die mieliemeel by en klits tot glad. Verhit oor lae hitte tot kookpunt, terwyl geroer word, en laat die pap prut tot dit gaar is. Haal van die hitte af, voeg die res van die botter by en sit die deksel op. Laat staan so tot die sous reg is.

Vir die sous:
Braai die ui in die olie tot sag. Voeg die Chorizo-stukkies en knoffel by en braai vir ’n paar minute. Voeg die tamaties, water, tamatiepasta, sout, suiker, swartpeper en olywe by en verhit tot kookpunt. Prut vir ongeveer 10 minute, tot die sous geurig en afgekook is. Roer die oreganum by. Skep die helfte van die pap in die voorbereide bak en druk dit eweredig op die boom vas. Skep die helfte van die sous oor en sprinkel die helfte van die cheddarkaas en die helfte van die fetakaas oor. Skep die res van die pap bo-op en versprei egalig. Skep die res van die sous oor en sprinkel die cheddar- en fetakaas bo-oor. Bak vir 30 minute en laat staan vir 10 minute voor die paptert bedien word. Lewer agt porsies