Wednesday 7 May 2014

Sjokolademousse




Sjokolademousse
(bedien 8-10)
300 g goeie kwaliteit wit- of donkersjokolade
30 g botter
2 eiers
4 eierwitte
4 e strooisuiker
500 ml kloproom
Smelt die sjokolade in ʼn bak oor ʼn pot pruttende water. Maak seker dat die basis nie aan die water raak nie. Voeg die botter by en roer totdat opgelos. Haal van hitte af en laat ʼn paar minute afkoel. Klop die twee eiers liggies en voeg by die sjokolademengsel (voeg ook die likeur of brandewyn by as jy wil).
Klits die eierwitte tot sagtepuntstadium terwyl die suiker geleidelik bygevoeg word. Klop een derde hiervan by die sjokolademengsel om dit los te kry en vou die res versigtig in. Klop die room en vou in. Gooi in een groot bak of individuele glasies. Bedek en laat minstens vier uur in die yskas.
Wenk:  As jy wil, kan jy 3 e likeur of brandewyn saam met die eiers by die mengsel voeg.