Monday 5 May 2014

Braaihoender met Vye en Verjuice



Braaihoender met Vye en Verjuice

1 Heel Hoender, in porsies gesny
Olyfolie
Sout en Peper
2 Suurlemoene se sap
Vyemarinade:
100gr Gedroogde Vye, in kwarte gesny
500ml. Verjuice
4 Knoffelhuisies, geskil en gekneus
2 Suurlemoene se sap en skil
1T Swart Peper
500ml. Hoenderaftreksel
1 Koppie vars Basilieblare

• Sprinkel die Sout en Peper oor die hoenderstukke. Drup die Suurlemoensap oor die hoender met ‘n paar teelepels Olyfolie. Maak seker dat al die porsies bedek is en plaas in die yskas vir ‘n uur of tot benodig.
• Plaas die Vye, Swartpeper en Knoffel in ‘n bak saam met die Verjuice, Suurlemoensap en Suurlemoenskil. Laat vir ‘n uur of meer marineer.
• Plaas die Hoenderporsies in ‘n oondbak, besprinkel met ekstra Olyfolie en plaas in ‘n voorverhitte oond van 230°C vir 15 minute. Draai dan die porsies om en bak vir ‘n verdere 10 minute.
• Verwyder die hoender uit die oond en plaas dit in die Vyemarinade. Draai na 10 minute en herhaal die proses na nóg 10 minute.
• Verwyder die hoender uit die marinade, rangskik op ‘n bakplaat en plaas onder die roosterelement van die oond tot mooi bruin.
• Terwyl die hoender onder die rooster is, kook die Vyemarinade tesame met die Hoenderaftreksel in ‘n pot totdat dit dik is. Sodra die hoender en die Vyesous reg is, voeg dit saam in ‘n bak, voeg die vars Basilieblare by en meng. Bedek en laat rus vir 5 minute. Bedien met rys of koringslaai.