Yuppie jafel met bloukaas, rissie en koljander
Chloé Pieterse en Hestelle Pretorius
Porsies: 20 – 25 porsies
Bestanddele
1,5 kg volstruis fillette1 koppie olyfolie
½ koppie balsamiese asyn
2 eetlepels droë rissievlokkies
1 eetlepel heel koljander
3 brode in snye gesny
2 koppies room
2 driehoeke bloukaas, in stukkies gebreek
Sout en peper na smaak
Instruksies
1. Marineer die volstruisfilette in olyfolie en balsamiese asyn.2. Maal die rissievlokkie en die koljander fyn en vryf oor die filette. Laat dit marineer vir ongeveer 45 minute tot 1 uur. Bietjie suurlemoensap kan ook bygevoeg word om die filette sag te maak. Terwyl die vleis marineer kan die bloukaas-sous gemaak word.
3 Sny die filette in dun repies en skroei vleis oor hoë hitte.
4. Verhit room in ‘n klein kastrolletjie en smelt die bloukaas daarin. Voeg sout en peper na smaak by.
5. Smeer ‘n jaffelpan en plaas een sny brood op die pan en pak repies van die geskroeide volstruisfilette bo-op.Skep twee tot drie bloukaas-sous bo-op en plaas ‘n tweede sny brood bo-op om ‘n toebroodjie te vorm.
6. Maak die jaffelpan toe en braai oor hoë hitte tot die broodjie gerooster is.
7. Sit dadelik voor met vars koljanderblare.