Soetpatat pannekoek met pekan en kaneelsprinkel
Cindy Menigo
Porsies: 20 klein of 10 standaard pannekoeke
Bestanddele
500 mℓ melk1½ koppie meel
2 eiers
1 eetlepel olie
Knippie sout
Knippie suiker
2 medium groot patats
Knippie sout
1 heel vanieljepeul
1 houer gewone roomkaas
1 koppie pekanneute
1 koppie suiker
1 eetlepel fyn kaneel
Instruksies
1. Voorverhit oond tot 180ºC2. Vir die pannekoek: meng die melk, meel, eiers, olie, sout en suiker saam tot ‘n gladde mengsel. Laat staan oornag vir ‘’n beter resultaat.
2. Skil die patats af en sny in groot blokke. Meng dit met die suiker. Plaas op ‘n bakplaat en droogbak in die oond tot ‘n lekker karamel-kleur. Bedek met foelie en bak vir nog 10 minute tot die patat sag is.
3. Verwyder uit die oond en plaas die patats in ‘n voedselverwerker saam met die sout, vanileljesaadjies en die roomkaas. Meng tot glad en hou eenkant by kamertemperatuur tot benodig.
4. Vir die sprinkel: Droogbraai die pekanneute in ‘n pan oor matige hitte tot ligbruin. Gooi uit op ’n gesmeerde bakplaat.
5. Gebruik dieselfde pan en gooi die suiker daarin. Los die tot dit begin smelt en ‘n amber kleur kry. Die kuns hier is om glad nie die suiker te roer nie. Lig die pan op en draai, sodat die ongesmelte suiker beweeg tot dit gesmelt is. Geen lepel moet gebruik word nie.
6. Sodra die suiker gesmelt het, verwyder van die hitte en voeg die kaneel by. Eers nou mag jy roer. Sodra alles gemeng is, skep dit bo-op die neute en los eenkant tot dit koud en kliphard is.
7. Lig die bakplaat so paar sentimeter van die tafel af en laat val. Die neutemengsel sal in stukke breek. Gooi die stukke in ‘n voedselverwerker en meng tot growwe krummels of rol dit met ‘n koekroller tot fyn.
8. Smeer ‘n pan en bak die pannekoeke tot goudbruin en laat effe afkoel.
9. Smeer van die patatmengsel en sprinkel ruim met die neute.
Rol op of vou na jou keuse.