Wednesday 23 April 2014

Wintergroentepastei



Wintergroentepastei

Genoeg vir 6 menseBereiding: 20 min.Afkoel: 30 min.Gaarmaak: 50 min.
250 g botterskorsie, in blokkies gesny
5 rape, in blokkies gesny
5 wortels, gekap
3 preie, gekap
30 ml (2 e) olie
2 ml (½ t) neutmuskaat
4 patats, in blokkies gesny
SOUS40 g botter
1 ui, gekap
40 g meel
500 ml (2 k) melk
’n knippie neutmuskaat
sout en peper
50 g cheddarkaas, gerasper
4 tiemietakkies, gekap
DEEG125 ml (½ k) meel
’n knippie sout
30 ml (2 e) olie
25 g botter
sowat 15 ml (1 e) water
AFRONDING125 ml (½ k) gerasperde cheddarkaas
1 eier, geklits
  1. Voorverhit die oond tot 180 °C.
  2. Rangskik die botterskorsie, rape, wortels en preie op ’n bakplaat. Bedruip met die olie en vryf die groente om seker te maak dit word goed met olie bedek. Geur met die neutmuskaat. Rooster 10 minute, voeg die patats by en rooster nog 10 minute.
  3. Sous: Smelt die botter in ’n braaipan oor matige hitte, voeg die ui by en braai 5 minute terwyl jy roer. Roer die meel in tot glad. Voeg dan die melk bietjie-bietjie by terwyl jy met ’n klitser meng en klonte verwyder. Geur met die neutmuskaat, sout en peper. Laat prut 5 minute en roer dan die kaas en tiemie in. Sit eenkant.
  4. Deeg: Sif die meel en sout in ’n bak. Vryf die olie en botter met jou vingerpunte in die meel in. Strooi sowat 15 ml (1 e) water oor en meng die deeg met jou hande tot glad. Bedek met kleefplastiek en verkoel ’n halfuur in die koelkas.
  5. Afronding: Voorverhit die oond tot  200 °C.
  6. Meng die groente met die sous en verplaas na ’n 23 cm oondvaste bak. Strooi die oorblywende kaas bo-oor.
  7. Rol die deeg uit op ’n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is sodat dit ’n bietjie groter as die bak is. Sny ’n sirkel uit om ’n deegdeksel vir die bak te vorm. Rol dit met ’n koekroller en rol dit dan oor die bak af. Verseël die rande. Maak ’n gat in die middel van die deegdeksel om stoom uit te laat en verf die deeg met geklitste eier.
  8. Plaas die bak op ’n bakplaat en bak 25 minute of tot die deeg goudkleurig is.