Friday, 25 April 2014

Volstruis bobotie jaffels



Volstruis bobotie jaffels

 Jo Fritz en Josia Conradie
Porsies: 8 Porsies

Bestanddele

20 ml gemengde speserye
1 ui, fyngekap
50 ml olie
25 ml Kerrie
20 ml borrie
500 g volstruis maalvleis
100 ml bruinasyn
50 ml bruinsuiker
16 snye brood van jou keuse
Botter vir smeer

Instruksies

1. Braai die uie in die olie saam met die speserye oor lae hitte tot sag.
2. Voeg die vleis by en braai tot bruin.
3. Meng die asyn en suiker en voeg dit by die vleismengsel.
4. Laat prut tot gaar.
5. Skep die vleis in ‘n metaalbak uit en laat afkoel.
6. Pak 8 snye brood oop en plaas van die vleismengsel op die middel van elke sny.
7. Smeer die brood aan die buitekante en plaas die ander helftes bo-op die vleis.
8. Bedien dadelik saam met ‘n groen slaai.