Veselperske en komyn-blatjang
JF van der Westhuizen en Renette VoslooPorsies: ± 750 ml
Bestanddele
500 g gedroogde veselperske stukke, in kookwater geweek vir 30 minute1 medium ui, fyngekap
1 teeleple komynsade
1 rooi soetrissie, fyngekap
2 knoffelhuisies, fyngekap
500 ml witwyn asyn
500 g witsuiker
Sout en peper
Olie vir vlakbraai
Instruksies
Wenk: hierdie blatjang vir volstruis-warmbrakke werk ook uitstekend met wildsvleis.1. Soteer die uie, knoffel en komynsade tot die uie sag en deurskynend is.
2. Sny die veselperskes kleiner en voeg by.
3. Gooi die res van die bestanddele by en kook tot dik en die helfte van die volume.
4. Laat afkoel en bedien koud.