Friday 25 April 2014

Sjokolade en Koffie Kaaskoek



Sjokolade en Koffie Kaaskoek

1 Pakkie Tennisbeskuitjies, fyngemaak
1E Kakao
80ml Botter, gesmelt
300gr Donker Sjokolade
1K Vars Room
2E Kitskoffie
2E Warm Water
1K Bruinsuiker
4 Eiers
750gr. Roomkaas, kamertemperatuur
½ K Koekmeel

- Meng die beskuitjiekrummels en kakao saam en gooi die gesmelte botter by, roer tot goed gemeng. Druk nou die mengsel in die bodem van die koekpan en verkoel tot benodig.
- Meng die kitskoffie en warm water saam en roer tot glad, laat afkoel.
- Verhit die room tot net voor kookpunt en gooi versigtig oor die sjokolade, roer tot glad en laat afkoel tot kamertemperatuur.
- Meng die koffie en water tot glad en laat effens afkoel.
- In ‘n groot mengbak van ‘n elektriese menger plaas die bruinsuiker en eiers, meng teen ‘n hoë spoed tot ligter van kleur.
- Verminder die spoed en voeg die roomkaas by, meng tot glad en sorg dat daar geen klonte is nie. Voeg die koffie en sjokolade by, meng goed en voeg dan die koekmeel by. Skraap die kante van die mengbak indien nodig. Meng deur en gooi die vulsel in die koekpan.
- Bak teen 140ºC tot die middel net begin stol, ongeveer 45 minute. Sit die oond af, maak die oonddeur effens oop en laat die kaaskoek afkoel vir ‘n paar ure in die oond. Verwyder uit die oond en verkoel vir ‘n paar uur.