Friday 25 April 2014

Joghurt en Muesli Ontbytkoppies




Joghurt en Muesli Ontbytkoppies
3 Koppies Joghurt
250ml Vars Room
70gr. Suiker
7gr. Gelatienpoeier
1E Rooswater ekstrak
1Koppie Vrugtepuree of gestoofde vrugte
Muesli
Vars vrugte

- Meng die Gelatienpoeier met ‘n paar eetlepels van die room en roer tot gemeng. Die Gelatien sal n paar minute neem om te versag.
- Plaas die orige room in ‘n klein kastrol tesame met die suiker en maak warm sonder om die room te laat kook. Verwyder van die hitte en voeg die Gelatien by wat nou sag is en uitgesit het. Roer deur met ‘n lepel tot al die Gelatien en suiker opgelos is.
- Plaas die joghurt en Rooswater ekstrak in ‘n mengbak en gooi die roommengsel versigtig by. Roer goed tot gemeng.
- Neem jou koppies of beker en plaas ‘n paar lepels vol vrugtepuree onderin die koppies of bekers.
- Gooi nou baie versigtig die joghurt bo-op. Probeer dat die vrugte en joghurt nie meng nie.
- Plaas die koppies of bekers nou in die yskas tot die joghurt gestol het.
- Wanneer jy gereed is om te bedien, plaas ‘n paar lepels vol van die muesli bo-op die joghurt gevolg deur die vars vrugte en bedien.