Friday 25 April 2014

Ongelooflike Patats



ONGELOOFLIKE PATATS
Hierdie resep laat dit amper die moeite werd klink om 'n ovaalvormige oondbak te gaan koop spesiaal net daarvoor...
Vir die Patats:
2 kg patats, geskil
2 eiers...
160 ml room
80 ml ligte bruin suiker
5 ml sout

5 ml fyn kaneel
1 ml fyn neutmuskaat
125 g botter of margarien, gesmelt en afgekoel
Kook die patats tot gaar, dreineer en laat afkoel. Plaas in 'n voedselverwerker en gooi die res van die bestanddele by. Verwerk tot goed gemeng. Skep die mengsel uit in 'n gesmeerde oondvaste bak en maak gelyk. Berei nou die bolaag:
60 g botter of margarien, gesmelt
375 ml fyngemaakte gemmerkoekies
750 ml mini marshmallows
Meng die botter by die gemmerkoekies in. Pak die malvalekkers oor die helfte van die patats en skep die koekiekrummels oor die ander helfte. Bak teen 180 grade vir ongeveer 30 minute tot die malvalekkers goudbruin en die gereg deurgaar is.