“Rum”-etjie uitnek klapperys
Porsies: 20Kooktyd: 25 minute
Bestanddele
Oond temp: 160˚C1 blik kondensmelk
3 koppies gedroogde fyn klapper
1 teelepel vanilla geursel
4 eetlepels donker kakao
2 goed ryp piersangs
4 eetlepels suiker
1 eetlepel gesoute botter
2 eetlepels donker rum
2 eetlepels room
Instruksies
1) Verhit oond tot 160˚C. Meng die kondensmelk, klapper, vanilje en kakao tot alles goed gemeng is.2) Druk die mengsel vas in ‘n goed gesmeerde oondplaat wat uitgevoer is met bakpapier. Bak vir 20 min. Los eenkant om af te koel.
3) Sny die piesangs in dun skyfies, los eenkant. Gooi die suiker en botter in ‘n pan en laat smelt. Wanneer die suiker klaar opgelos het, begin die mengsel roer sodat jou botter goed deur meng. Voeg die piesangs by sodra jy ‘n mooi goue karamel het.
4) Laat alles stadig kook tot die piesangs begin opbreek. Gooi nou die rum by en kook nog so ‘n minuut sodat die alcohol bietjie wegkook. Gooi die room by, roer deur en verwyder van die hitte.