Bosbessie-volstruis jaffel met Gruyere
Beate Joubert en Chris GreeffPorsies: 20 porsies
Bestanddele
2 snye witbrood per jaffel4 groot stukke gruyere kaas per jaffel
1 volstruisfilet
Botter vir braai
Gerookte paprika
Dukkahmengsel van komyn, koljander, sesamsaad, sonneblomsade en amandels, fyngemaak.
Pietersielie, fyngekap
Reduksie:
3 medium potjies bosbessie
I koppie balsamiese asyn
1 koppie rooi wyn
½ koppie port
4 cm stuk vars gemmer
Instruksies
1. Maak reduksie: plaas bosbessies, asyn, rooi wyn, port en gemmer in kastrol en kook tot dik en stroperig.2. Geur fillet met paprika en sout. Braai die fillet in botter; dit moet steeds pienk in die middel wees. Druk dit aan alle kante in dukkah gemaak van komyn, koljander, sesamiesaad, sonneblomsade, en amandels wat fyngemaak is. Sny in baie dun skywe.
3. Plaas repies fillet op die brood, bedruip met bosbessie reduksie en kaas.
4. Sny jaffle in twee helftes. Gooi pietersielie mildelik oor.