Beet klapperys met ‘n bietjie skop
Jo Fritz en Josia ConradiePorsies: 20 Blokkies
Bestanddele
750 ml suiker200 ml water
397 g kondensmelk (1 blik)
750 ml klapper
5 ml vanielje
5 ml kremetart
2 beet, geskil en in blokkies gesny
½ rooi rissie, ontpit
100 ml wit suiker
250 ml water
Instruksies
1. Plaas beet, 100 ml suiker, rissie en 250 ml water in kastrol.2. Kook af tot vloeistof net helfte van volume en ‘n ligte stroop is. Hou eenkant.
3. Plaas 750 ml suiker en 200 ml water in swaarboomkastrol en roer oor lae hitte tot suiker opgelos is.
4. Voeg kondenmelk by en roer tot kook.
5. Voeg kremetart by en laat kook sonder om te roer totdat mengsel sagtebalstadium bereik.
6. Verwyder van stoof, voeg klapper en vanielje by en klop tot dik en romerig.
7. Gooi die helfte van die mengsel in ‘n 180 mm vierkantige pan.
8. Kleur die res van die mengsel met die beetstropie en gooi oor wit laag.
9. Laat afkoel en sny in vierkante wanneer gestol het.