Monday 28 April 2014

Roly Poly

 
Lana van Helsdingen
 
Die winter is om ons en my hande is yskoud. Sop en warm poedings is nou op die spyskaart. Roly Poly is een van my gunsteling poedings en ek het die gister gemaak. Dit is nie baie werk nie. Jou deeg aanmaak gaan vinnig, dan rol jy deeg uit, smeer jou appelkooskonfyt oor, rol toe en sny wiele, plaas dit in jou pan wat reeds die gekookte sous inhet en bak. Met lekker vla is dit heeeeeeeerlik.

Lana van Helsdingen
Roly Poly Poeding. Vir die wat die resep gevra het.
1/2 {half} kop marg
2 teel bakpoeier
2 kop koekmeel
2 eiers geklits...
1/4 {kwart} kop melk
knippie sout

Stroop.
3 kop water
1 kop suiker
2 eetl marg
Kook jou stroop totdat suiker gesmelt het en gooi in jou oondpan.
Plaas droe bestandele in bak. Vryg marg in. Maak aan met geklitste eier en melk. Meng goed. Indien jou deeg bietjie klewerig is vat nog handjie vol meel en gooi by en meng goed. Rol dit nou op meelbestrooide houtbord uit. Rol jou koekroller ook gereeld in die meel want deeg klou gou vas. Smeer jou appelkoos konfyt bo oor die platgerolde deeg. Rol dan op soos rolkoek. Sny die deeg in wielietjies. Druk maar jou mes ook in meel as jy die wiele sny anders gaan die konfyt en deeg klou. Pak die wieletjies in jou pan wat die sous inhet. Plaas in voorverhitte oond 180 grade celsius. Bak sowat driekart uur of tot lekker bruin bo. Maak solank jou vla terwyl poeding bak. Heeeeerlik...{Ek hou van kaneel en strooi kaneel oor die wiele voor ek dit in die oond druk..} Bak en geniet...