Friday 25 April 2014

Paasnaweekbrood



Paasnaweekbrood

500gr. Koekmeel
2E Kitsgis
Sout
60gr. Witsuiker
1K Vrugtekoekmengsel
1t Gemaalde Gemmer
1t Gemaalde Kaneel
1/4t Gemaalde Naeltjies
Skil van 2 Lemoene
Skil van 3 Suurlemoene
90gr. Gesmelte Botter
1 Eier
300ml. Vars Melk

- Voeg die koekmeel in ‘n groot mengbak gevolg deur die gis, sout, witsuiker, vrugtekoekmengsel, gemmer, kaneel, naeltjies, gerasperde lemoen en suurlemoenskil. Roer goed.
- Voeg nou die gesmelte botter by gevolg deur die melk en die eier.
- Meng die deeg goed tot glad, bedek met ‘n nat lap en laat rus vir 1 uur.
- Verwyder die lap en roer vir ‘n paar sekondes tot al die lugborrels uit is.
- Plaas die deeg in ‘n voorbereide pan en gebruik die agterkant van die lepel om die brood bo-op gelyk te maak.
- Plaas die natlap weer oor die brood en laat toe om te rys vir 30-40 minute of totdat die deeg omtrent dubbeld die grootte is.
- Plaas nou die brood in ‘n voorverhitte oond van 180ºC vir 1 uur of tot gaar.
- Verwyder die brood uit die oond, laat rus vir 5 minute en keer uit op ‘n droograk tot kamertemperatuur.