Friday 25 April 2014

Ouma se Appelkoek



Ouma se Appelkoek

125gr. Botter
1K Witsuiker
3 Eiers
2K. Koekmeel
1t. Bakpoeier
3/4K Melk
1t Vanielje Ekstrak
1 Blik Tertappels
3/4K Bloubessies

- Voorverhit die oond tot 180ºC.
- Room die botter en suiker saam in ‘n groot mengbak tot glad.
- Voeg die eiers een vir een by, roer goed tussen elke byvoeging.
- Roer helfte van die koekmeel by gevolg deur die melk.
- Roer nou die res van die koekmeel by asook die bakpoeier.
- Voeg die vanielje ekstrak by.
- Vou die appels en bloubessies versigtig by.
- Gooi die beslag in ’n voorbereide koekpan.
- Bak vir 50-60 minute totdat ‘n toetspen skoon uitkom.