Olyfkors en Salm
100gr. Vars Broodkrummels
40gr. Gedroogtde Swart Olyfpuree
30gr. Parmesaanse Kaas, gerasper
50gr. Botter, sag
2 Salm filette, 180gr elk
Lemoen sous:
500ml Lemoensap
80gr. Botter
Sout en Peper
- Plaas al die bestanddele, behalwe die Salm, in ‘n mengbak en roer totdat die ‘n dik mengsel vorm.
- Plaas nou ‘n vierkant bakpapier op ‘n werksoppervlak.Sit die mengsel in die middlel van die bakpapier, druk effens plat en sit dan ‘n tweede vel bakpapier bo-op.
- Met ‘n koekroller, rol die mengsel versigtig plat totdat dit ‘n paar millimetrer dik is. Indien moontlik, probeer om die mengsel in ‘n vierkant of reghoek te rol.
- Plaas die kors wat tussen die bakpapier is in die vrieskas tot hard gevries of tot benodig.
- Wanneer jy die kors benodig, haal uit die vrieskas en plaas op ‘n werksoppervlak. Haal slegs die boonste bakpapier af. Plaas nou die Salm op die kors met die velkant na bo.
- Met ‘n mes sny nou versigtig al om die kante sodat die kors dieselfde grootte as die vis is.
- Plaas ‘n tafelmes onder die visfillet en lig die vis en kors tesame. Plaas op ‘n bakplaat met die kors na bo.
Om die sous te maak:
- Plaas die Lemoensap in ’n kastrol en kook af totdat dit begin verdik.Verwyder van die hitte en roer die botter by asook die sout en peper.
- Bak die Salm teen 180º’C vir 12-15 minute.
- Bedien met Lemoensous en groente van jou keuse.