Monday 7 April 2014

Mynhardt en Tiaan se Kokkedoor Reünie

 



En so kom ons aan die einde:  die vurk in die pad.  En al wat ons wil doen, is om hierdie wonderlike reis vir nog net ‘n paar oomblikke in ons harte vas te hou.

Ons dink terug en wonder:  Hoe geseënd kan ‘n mens wees in een leeftyd?  Die wonder van Kokkedoor, die allerpragtigste titel van die Coq de Or het sy goud hier aan ons harte kom afvryf.

Dit sal vir ewig in ons harte bly en goud en sag glimmer as ons daaraan dink.  Wat ‘n ongelooflike eer...

Ons besef ons het ook nie hierdie reis alleen mee gemaak nie en wil vir die naby aan ons dankie sê, totsiens sê, hier waar ons voor nog ‘n trein op ‘n stasie staan wat nie die Karoo in na ‘n Kokkedoor-stoor op Prins Albert reis nie, maar na ander wêrelde en ander dinge.

Ons nooi julle uit met harte wat ons mooi moet vashou om vir julle naaste aan ons Kokkedoor-droom te kom afsien.  Tot wedersiens...

Chef Nick van Wyk is ook een van ons gaste en na ‘n hele jaar van saamwerk en kuier in die kombuis maak hy ons steeds senuweeagtig.  Ons besluit om sy gunsteling manier van eet voor te sit in die vorm van Tapas en hou duime vas ons wen hierdie rondte...

Kokkedoor Reunie Tapas Spyskaart:

-  Mozarella en Tamatie Slaai
-  Gebakte gevulde suurlemoene
-  Pesto uit die tuin uit
-  Growwe Hummus
-  Chorizo met rooi wyn en uie
-  Gemarineerde Mossels
-  Geskroeide soet rissies
-  Carpaccio


Hier volg al die resepte:




Mozzarella en tamatie slaai
Ons is mal oor hierdie resep en dit is ’n weergawe van die caprese slaai maar met al die wonderlike tamaties deesdae baie vrylik beskikbaar, het ons besluit om dit so bietjie vuur te gee en mooier te laat lyk.

• Verskeidenheid vars tamaties van alle kleure
• Olyfolie
• Vars gemaalde swartpeper
• Growwe sout
• Basilliekruid blare
• Buffelsmelk Mozzarella

Sny die tamaties in lekker dik skywe en skeur stukke mozarella bo-oor, nou vir klomp swart peper en sout en olyfolie. Dan ’n klomp basilliekruid. Hierdie is eenvoudig, maar dit is ’n groot wenner!



Gebakte gevulde suurlemoene
Hierdie is een van Mynhardt se wonderlike idees. Ons het dit gemaak in Kokkedoor met hoender en dit was ’n wenner. Ons het toe besluit om dit weer te maak.

• 10 suurlemoene, in die helfde gesny en uitgehol
• Broot basilliekruid blare
• 2 stafies bokmelkkaas
• 1 botteltjie ansjovis
• 1 blik artisjokharte of ‘n bottel ingelegde, geroosterede artisjokke
• 10 Rosa tamaties, in die helfde gesny
• Olyfolie

Rooster/bak die uitgeholde suurlemoene in ’n voorverhitte oond van 180 grade tot lekker warm en sappig. Vul met snye bokmelkkaas, ansjovis filette, geroosterde artisjokke en rosa tamaties, sprinkel met olyfolie en bedien dadelik! Heerlik saam met vars gebakte brood.

Pesto
Pesto is so duur in die winkel deesdae maar dit is baie maklik om jou eie te maak en jy kan goed koper neute soos amandels in hierdie resep gebruik.

• 100g Gruyere
• 50g geroosterde dennepitte
• 3 huisies gerasperde knoffel
• 1 Suurlemoen se skil en sap
• Sout
• Peper
• 3 groot hande vol basieliekruidblare
• Olyf olie of koudgeparste sonneblomolie

Verwerk eers al die bestanddele, behalwe die baisllie en die olie, saam. Voeg die kruie en die olie by en roer goed deur. Jy kan dit net so bedien saam met brood of op ’n bord met baie ander lekker tapas.

Hummus
• 2 blikke kekerertjies
• 2 eetl Tahini
• 3 huisies knoffel, gerasper
• 100ml Olyfolie
• 1 suurlemoen se skil en sap
• Sout
• Peper

Meng al die bestanddele saam en druk fyn met ’n vurk of groot lepel. Meng goed deur en proe. Pas die sout en peper aan na smaak en bedien saam met lekker vars brood.



Chorico met roowyn en uie
• 2 groot chorizo worsies
• 2 eetl gerookte paprika
• 3 groot rooi uie, gesny
• 500ml rooiwyn
• 6 takkies vars oregano

Sny die worsies in wiele en braai die uie in ’n lekker groot pot tot ligbruin. Voeg die worsies by en roer goed deur. Voeg die paprika by en roer weer. Nou vir die rooiwyn en paprika. Kook tot die sous dik raak en bedien met geroosterde brood!



Gemarineerde mossels
Ons is mal oor mossels en hierdie is een van ons gunsteling resepte! Probeer dit graag, dit kan koud of warm geëet word.

• 1kg vars swart mossels
• 1 koppie witwyn
• 3 huisies knoffel, gerasper
• 2 suurlemoene se sap
• 1 Rooi peper, in klein blokkies gesny
• 1 hand vol vars gekapte kruie, pietersieleie, oregano ens.

Verhit ’n pan tot baie warm en gooi die mossels en dan die witwyn in die pan. Stoom bietjie tot die mossels oopgaan. Gooi die mossels uit en hou die vloeistof, kook dit effe af en voeg die res van die bestanddele by dit behalwe vir die kruie. Gooi dié sous dan oor die mossels. Gooi die vars kruie oor dit en bedien of koel af en bedien dan.

Geskroeide soetrissie
Hiedie kan jy ook klaargemaak koop maar is soveel beter as jy dit self maak. Probeer dit! Die soetrissies hou ook ’n tyd in die yskas!

• Soet rissies van alle kleure
• 100ml olyfolie
• 100ml rooiwynasyn
• 1 huisie gekapte knoffel
• Sout
• Peper
• Vars kruie

Brand die soetrissies met ’n vlam of bak in die oond tot swart. Sit in ’n plastieksak of in ’n bak wat bedek is met kleefplastiek. Laat effe stoom en skil dan af. Sny in repe en gooi die res van die bestanddele by dit. Laat staan tot heeltemal afgekoel. Bedien met die res van jou tapas.



Carpaccio
Party mense dink carpaccio is vleis wat gebraai is en net baie rou en dun gesny is. Maar eintlik is dit rou vleis wat dun gesy is, maak so net seker dat die vleis baie vars is en jy het niks om oor te bekommer nie.

• 500g Beesfillet
• 100g Sterk verouderde kaas soos Gruyere
• 1 botteltjie kappertjie Bessies
• 1 handvol basieliekruid
• 1 suurlemoen
• 100ml olyfolie
• Balsamiese asynreduksie

Sny die vleis lekker dun ek slaan dit plan tot omtrent 1mm en rangskik die res van die bestanddele bo-oor. Bedien met vars brood!



Makietie Reünie Dekor Idees
• Maak foto afdrukke van al die spesiale mense en bou eenvoudige houtrame wat met verf verouder is
• Maak sout kleiborde wat in die oond hard gebak kan word
• Maak string liggies met elektriese kabel en lighouers met Chinese wit lig balle
• Sny uit en plak Kokkedoor logos op swart geverfde deure
• Skryf die spyskaart op groot swartborde
• Gebruik wynbalies en strooi om die plaasgevoel te skep
• Steek groot fees vure aan!