Monday 7 April 2014

Maklike Haaskoek



Vanilla koek

Vir die koek het jy nodig:
500 ml strooisuiker
4 groot eiers
250 ml olie
5 ml vanilla-geursel
750 ml meel, gesif
15 ml bakpoeier
250 ml melk
klapper

Vir die sjokoladeversiering het jy nodig:
500 ml suiker
250 ml kookwater
45 ml kakaopoeier
15 ml botter of margarien

Koek:
Klop die strooisuiker en eiers in 'n menger tot dit lig en donsig is
Voeg die olie en vanilla-geursel by.
Voeg die gesifte meel en bakpoeier alternatiewelik by met die melk.
Gooi die mengsel in 'n plat koekpan en bak by 180ºC vir 25 - 30 minute of tot die koek goudbruin is.