Thursday 17 April 2014

Melktertpannekoek



Melktertpannekoek

Jy het nodig vir 6 porsies:

  • 1 x 385 blik-kondensmelk
  • 3 koppies melk
  • ¼ koppie mielieblom
  • 2 eiers
  • knypie sout
  • 1 teelepel vanieljegeursel
  • 2 eetlepels botter
  • ¼ koppie kaneelsuiker
Keer vir klonte. Meng die kondensmelk en 2 koppies van die melk in ’n kastrol en laat dit warm word tot dit begin prut. Moenie die gasstofie te warm draai nie, anders sal dit aanbrand. Meng die res van die melk met die mielieblom tot dit glad is. Voeg dit by die warm mengsel en roer met ’n draadklitser om te keer dat klonte vorm.
Roer die eiers by. Klits die eiers in ’n afsonderlike bakkie en voeg dit dan bietjie vir bietjie by die warm melk terwyl jy dit heeltyd roer. Prut oor lae hitte vir 2 tot 3 minute. Voeg die sout, vanieljegeursel en botter by en roer tot die botter gesmelt is. Skep mildelike skeppe van die mengsel in die pannekoeke en sprinkel kaneelsuiker oor.