Thursday 17 April 2014

Kondensmelk Glase




Mariaan Faurie Erasmus
 
Kondensmelk glase. My seun het vir ons pudding gemaak. Dink ek het die resep op die groep gekry

Lewer 4 glase of ’n tert van 25 cm Bereiding: 30 minute Verkoeltyd: 2-3 uur 1 blikkie (385 g) kondensmelk 385 ml melk 385 ml water 40 ml (8 t) vlapoeier 1 pak (200 g) Mariebeskuitjies, fyn gedruk As jy ’n tertbak gaan gebruik: S
meer ’n bak van 25 cm. Meng die kondensmelk, melk en water in ’n kastrol en laat kook. Los die vlapoeier in ’n bietjie water op, meng met ’n bietjie van die kondensmelkmengsel en voeg dan by die res van die kondensmelkmengsel. Roer goed tot dit verdik het en begin kook. Verwyder van die hitte en laat afkoel. Plaas ’n laag beskuitjiekrummels onderin elke glas of op die boom van die gesmeerde tertbak. Giet ’n laag vlamengsel bo-oor. Herhaal die lae 3 keer en eindig met ’n laag krummels. Laat 2-3 uur in die yskas stol. WENK Stapel vars appelliefies op die kondensmelkglase vir afronding.

Die was die 1ste keer wat ons dit gemaak het, Sal volgende keer bietjie meer custard poeier gebruik.