Wednesday 9 April 2014

Appelkoosbeskuit




Appelkoosbeskuit
Maak 40 stukke
Voorbereityd 15 minute...
Baktyd 50 minute

Appelkoos gee dié luukse beskuit ’n ongewone soetsuur geurtjie wat baie lekker is saam met ’n koppie rooibostee.
Jy benodig
•1 koppie botter
•¼ koppie suiker
•½ koppie melasse
•2 eiers
•1 koppie appelkoosjogurt
•4 koppies (500 g) bruismeel
•1 koppie droëappelkose, gesnipper
•1 koppie muesli
•1 koppie Special K- of Oaties-vlokkies
So maak jy
1.Smelt die botter en meng dit goed met die suiker, melasse, eiers en jogurt.
2.Meng die res van die bestanddele in ’n groot bak saam, voeg die jogurtmengsel daarby en meng alles goed deur.
3.Gooi die beslag in een groot, gesmeerde broodpan en bak dit in ’n oond van 180 ºC vir 45-60 minute of tot deurgaar.
4.Keer die appelkoosbeskuit op ’n droograk uit en laat dit afkoel voordat jy dit in stukke sny.
5.Pak die stukke op ’n bakplaat wat met bruinpapier uitgevoer is, en droog vir minstens 3 uur teen 100 ºC.