Monday 10 March 2014

Weskus-snoekpastei




Weskus-snoekpastei
Genoeg vir 6.
Jy het nodig:
1 rol (400 g) skilferkorsdeeg
20 ml olyfolie
1 groot ui, gekap
1 klein groen soetrissie, gekap
sout en swartpeper
250 ml gerasperde cheddarkaas
500 ml gevlokte, gerookte snoek
4 eiers
250 ml room
50 ml melk
Só maak ’n mens:
1. Voorverhit die oond tot 180 ↨°C.
2. Rol die deeg oop en voer ’n mediumgroot quiche-tertbord daar- mee uit.
3. Verhit die olyfolie in ’n pan en soteer die ui en soetrissie. Geur na smaak.
4. Plaas die uiemengsel, cheddarkaas en gerookte snoek in die gevoerde tertbord.
5. Klits die eiers, melk en room saam; voeg sout en swartpeper by en giet oor die vis.
6. Bak sowat 30 minute tot die eier gaar is en die pastei goudbruin is. Sit warm voor saam met slaai as ’n ligte middagete of as ’n voorgereg.
(Christine Capendale)