Monday 10 March 2014

Skoonmaakmiddel vir alles en wat

 
Dirk Pretorius
Vat 1 bottel Scrubbs ammoniak, 1 bottel spirits en 1 bottel sunlight liquid. Gooi al drie in ‘n 5 liter kan.

Skud goed en top op met water. Jy kan dit dan gooi in ‘n spuitkannetjie so 1/5 en weer optop met water.

Spuit in storte, baddens, toilette, alles. Was klere, handdoeke, skottelgoed, alles....

Werk soos ‘n droom en maak alle kieme morsdood. Alles ruik vars.

Jy kan dit sterker ook gebruik, maar ek wil nie so woes aangaan nie.