Sunday 9 March 2014

Vreeslik Vinnige Muffins




Vreeslik Vinnige Muffins

 


Bestanddele
1 eier
1 k (250 ml) karringmelk
1 k (250 ml) bruismeel
knippie sout
1 t paprika
1 t mosterdpoeier
1 k (250 ml) Cheddarkaas, gerasper

Metode
Voorverhit die oond tot 180°C.
Spuit ‘n muffinpannetjie met kleefwerendesproei.
Klits die eier en karringmelk in ‘n mengbak saam.
Sif die bruismeel en sout by en roer die kaas by.
Moenie oorwerk nie.
Skep 2 eetlepels van die mengsel in ses holtes van die muffinpannetjie.
Bak vir 10 -12 minute of totdat ‘n toetspen skoon uitkom.
Bedien warm.
Variasies:
• Bros gebraaide spek
• Fyn gekapte pietersielie
• Sag gebraaide uie

(RSG)