Friday 7 March 2014

Meringueresep

 
 
Meringueresep - Reuben Riffel

100 g eierwitte*
100 g strooisuiker
100 g versiersuiker...
1 e mielieblom
2 druppels vanielje-ekstrak

Plaas die eierwitte in ʼn elektriese mengbak en klop sowat 20 sekondes op medium spoed. Meng die strooi- en versiersuiker en voeg dit lepel vir lepel by totdat dit net begin wit word. Sodra die mengsel sagtepuntstadium bereik, voeg die mielieblom en vanielje-ekstrak by en klop dit nog 8 minute. Plaas die beslag in ʼn versiersak en druk die meringue in eweredige vorms op ʼn voorbereide bakplaat. Plaas ½ uur in ʼn oond wat voorverhit is by 100˚C. Bêre die meringues in ʼn lugdigte houer vir omtrent ʼn week.

*Gebruik die eiergele om vla of roomys te maak. Onthou dit vries ook goed, maar skryf tog die hoeveelheid eiergele op jou vriesbak – mens dink jy gaan onthou, maar doen gewoonlik nie.