Thursday 6 March 2014

Toebroodjievulsel Idees




Wilna Dorfling

TOEBROODJIEVULSELS

Hier is bietjie hulp!

Die volgende is slegs idees - jy moet maar self met die hoeveelhede rondspeel na aanleiding van hoeveel toebroodjies jy het om te maak.

Vulsels met Groente/Vrugte:
1. Geroosterde groente op blaarslaai en aangeklam met slaaisous


2. Picalilly op blaarslaai
3. Fyngekapte appel, seldery en pekanneute in bloukaas slaaisous en mayonnaise

Vulsels met Kaas:
* Gerasperde kaas en fyngekapte appel in mayonnaise
* Gerasperde kaas en fyngekapte grasuie in mayonnaise
* Gerasperde kaas en fyngekapte spek in mayonnaise/sweet chilli sauce
* Roomkaas en grasuie
* Gerasperde kaas met sweet chilli sauce
* Gerasperde kaas met rooi uie in mayonnaise

Vulsels met Eier:
* Spek en eier - met of sonder mayonnaise
* Eier mayonnaise (jy kan ook soetrissie en/of agurkies bysit)

Vulsels met Hoender:
* Hoender mayonnaise (soetrissie en/of agurkies)
* Gebraaide hoender in marinade - met of sonder mayonnaise
* Hoender en pitmielies in mayonnaise
* Hoender en gaar fyngekapte spek in mayonnaise
* Hoender met uie en vars salie
* Hoender in sweet chilli sauce
* Hoender en knoffel in mayonnaise
* Peri-Peri hoender in mayonnaise
* Heuning-mosterd hoender (in heuning mosterd slaaisous)

Vulsels met Seekos:
* Fyngemaakte krapstokkies met mayonnaise
* Praws in roomkaas
* Fyngemaakte mossels
* Tuna mayonnaise (dis baie lekker met soetrissies, agurkies en pitmielies)
* Tuna en gerasperde kaas met mayonnaise

Vulsels met Vleis:
* Spek (met of sonder blaarslaai en tamatie)
* Beef repies met ui, mosterd of peperwortel
* Spek, brie en cheddarkaas
* Ham, pynappel en gerasperde kaas
* Ham, roomkaas en pynappel
* Lamsvleis en mint in mayonnaise
* Gerasperde mozzarella en salami

Louisa Heymans: My ma my geleer komkommer toebroodjIes baie deftig by enige funksie.

Lorinda Maritz: Ek het gevind dat tuna met mayonnaise & aromat die gewildste is. Kaas & tamatie ook treffer solank tamatie nie pap is nie

Annatjie Fritz: By ons is eier wat fyn gemaak met mayo die gewildste en natuurlik smeerkaas met biltong.

Charlotte En Matthew Beck: Stem saam, gekookte eier fyn gemaak met mayo en watercress ingesny is baie lekker. Kyk of Jy op die Internet 'n resep kan kry vir coronation chicken, dis vrek lekker. Tuna met mayo en sweetcorn (nie die romerige een nie) is ook baie gewild by ons. Gebruik verkillende tipe brood. Dit maak dit interessanter. Rolletjies ens werk ook.

Jo Retief: VerskiLLende gekLeurde pesto's met fyn hoender maak reënboog toebroodjies goed lyk.

Helena Uys: Ek was by n tee en een van die happies was botterbroodjies met roomkaas en gerasperde kaas - vreemde kombinasie maar baie lekker gewees

Santie Carelse: Ken julle Maxi's se Toppas? Een van hul opsies is eier en spek. Roereiers en gebraaide spekstukkies (fyn gesny) SONDER sout. Laat als eers heeltemal koud word en meng dan Mayo in na smaak! Proe net soos die Maxis resep!!

Petro Le Roux: Sjoe daar is so baie goed, hoeder met mayo sit baie fyn gekapte uie by,gekookte eiers wat gemeng is met klein bietjie curry en mayo,samon met blaarslaai,ham met tamatie en blaarslaai,kaas tamatie en rocket.

Liz Williamson: Lekker een is cottage cheese, bietjie chutney en stukkies walnuts

Carike Keuzenkamp se Smaaklike toebroodjies

Toebroodjie smeer

‘n Maklike lekker toebroodjie smeer wat in plaas
van botter en margarine gebruik kan word.

1 blik botterbone, gedreineer
15 ml tamatiesous (1 eetl)
10 ml suiker (2 t)
2 augurkies, gekap
30 ml van die augurkies se asyn (2eetl)
60 ml lae olie mayonnaise (4 eetl) (Miracle Whip Light)
5 ml peppadew- of soetrissiesous (1t) (opsioneel)

1. Plaas die gedreineerde bone in ‘n voedselverwerker
of versapper.
2. Voeg die tamatiesous,suiker, augurkies, asyn en
mayonnaise by.
3. Verwerk tot ‘n gladde smeer so dik soos mayonnaise.
4. Voeg peppadew- of soetrissiesous by, indien verkies.
5. Smeer mildelik op brood vir oop broodjies. Gebruik
soveel smeer as wat jy kan vir toebroodjies sonder dat
die vulsel uitpeul.
6. Bewaar die toebroodjie smeer in ‘n glasfles met ‘n
deksel en hou in die yskas.

Om die toebroodjie te maak

Gebruik lae GI saadbrood. Smeer met toebroodjiesmeer.
Sit kouevleis op (pastrami, hoender of kalkoen).
Garneer met babatamaties, blaarslaai, mosterdslaai(rocket)


Avo & Kropslaai
Maak avokadopeer fyn saam met ´n bietjie suurlemoensap en gebruik saam met kropslaai.

Avo & Maas
Maak avokadopeer, bietjie suurlemoensap en maaskaas saam fyn.

Kaas, Appel & Sultanas
Gerasperde kaas, gerasperde appel en sultanas op brood.

Kaas & Blatjang
Gerasperde kaas en blatjang.

Kerrie-eier
Druk ´n hardgekookte eier fyn met mayonnaise, jogurt en ´n knippie kerriepoeier.

Linda-broodjie
Fyn opgesnyde groen soetrissie en ui saam met kaas op brood waarop botter en blatjang gesmeer is.

Piesang & Dadel
Maak ´n piesang fyn en smeer dit saam met dadelsmeer op brood.

Piesang & Grondboontjiebotter
Meng piesang en grondboontjiebotter.

Roomkaas & Appelkoos
Smeer roomkaas oor brood en sprinkel gedroogde appelkoosstukkies oor.

Roomkaas, geroosterde sesame & kropslaai
Smeer roomkaas op broodjie, besprinkel met sesame-saad en bedek met kropslaai.


Gesonde vulsels hoef nie smaakloos te wees nie. Proe dié opwindende plaasvervangers:

•Pleks van botter of margarien: Meng fyn gekapte groente met laevet-jogurt, of smeer met avokado of grondboontjiebotter (albei mono-onversadigde vette).


•Pleks van cheddar- of goudakaas: Gebruik mozzarella of laevet-Edam – dit sal 50kJ per 30g-wiggie besnoei.
•Pleks van gewone mayonnaise: Verdun laevet-mayonnaise 1:1 met afgeroomde melk – dié eenvoudige stap sal jou 298kJ per eetlepel bespaar.

•Pleks van vetterige vleis: Gebruik maer proteïenbronne soos tuna in pekelwater (nie olie nie), hoender sonder vel (dun gesny), stokvis, gekookte eier of maaskaas.

•En voeg 'n bietjie vars groente soos tamatie, blaarslaai, komkommer en soetrissies daarby.


Tina van der Merwe: Ons het by die kerk altyd peloni en hoender pelonie gerasper en gemeng met bietjie blatjang, jy kom baie verder as wanneer dit in skyfies gesny is


Reënboog Toebroodjies

Hierdie is een van daardie resepte wat ons onthou van toe ons nog baie jonk was. Dit is altyd gemaak vir enige bymekaarkom geleentheid. Vulsels soos spek is gebruik wat met grondboontjie botter gemeng is, gekapte gekookde eier asook marmite…. Maar ons broodjie is baie anders en meer modern.

• 3 bakkies gewone roomkaas...
• 1 houer baisilli kruid pesto
• 1 houer songedroogde tamatie pesto
• 1 houer olyf tapenade
• 1 witbrood gesny

Meng nou die geursels met die roomkaas afsonderlik sodat jy drie verskillende geure het. Pak die brood uit op ’n snybord en begin by ’n punt met die smeer. Nadat jy die eerste laag op gesit het, sit weer ’n sny brood en eindig ook met ’n sny brood. Sny nou die korsies af en sny die vierkant brood in 4 perfekte driehoeke. Sit die broodjies saam met die ander eetgoed op ’n bordjie.