Thursday 6 March 2014

Amarula-en-grondboontjiebotter-mousse




Amarula-en-grondboontjiebotter-mousse

Lewer 1 tert van 22 cm
Bereiding: 30 minute
Verkoeltyd: 2 uur

KORS
200 g sjokoladekoekies, fyn gedruk
100 g botter, gesmelt
knippie kaneel
VULSEL
4 x 250 ml (4 k) wit malvalekkers
60 ml (¼ k) melk
60 ml (¼ k) Amarula-likeur
180 ml (¾ k) grondboonbotter
250 ml (1 k) room
BOLAAG
100 g wit- of donkersjokolade, in stukke gebreek
45 ml (3 e) espresso-koffie
80 ml (¹⁄³ k) dik Griekse jogurt teen kamertemperatuur
kakaopoeier vir bo-oor sprinkle (opsioneel)
  1. KORS Meng die koekies, botter en kaneel en druk teen die boom en rande van ’n tertbak van 22 cm. Hou eenkant.
  2. VULSEL Hou ’n paar malvalekkers eenkant en verhit die res saam met die melk en Amarula baie stadig oor lae hitte tot die malvalekkers gesmelt het.
  3. Verwyder van die hitte, voeg die grondboonbotter by en laat ’n rukkie afkoel.
  4. Klits die room styf, vou by die mengsel in en skep oor die kors.
  5. BOLAAG Smelt die sjokolade en koffie saam en klits die jogurt by.
  6. Smeer oor die tertvulsel en laat 2 uur in die yskas stol.
  7. Sprinkel kakaopoeier oor indien verkies, strooi die orige malvalekkers oor en sit voor