Friday 7 March 2014

Raad vir verskeie reuke




Raad vir verskeie reuke

Uriene reuke:

• Om reuke van kat- en hondepiepie uit jou matte te kry - Kook saam: 1 kg. Surf, 750 ml. Spirits, 2 botteltjies bloekomolie, 5 liter water. Gebruik soos matsjampoe in jou matwasser en verdun voor gebruik.

• Meng ‘n botteltjie vanieljegeursel met dieselfde hoeveelheid Dettol (slegs Dettol), op 750 ml water. Gooi in spuitkannetjie en spuit op aangetaste dele, vrylik op matte, banke, gordyne, matrasse en selfs in die lug as lugverfrisser. Dit werk wonders en ruik heerlik skoon en vars. En dit neutraliseer die reuk geheel en al.

• Gebruik gewone Pers Spirits. Gooi dit net so op die kol!. Dit verdamp gou. Geen reuke bly agter.

• Was met wit Asyn en Sodawater. Verwyder die reuk heeltemal.

• Schweppes Sodawater vat hardnekkige kolle op matte en ongewenste reuke.bv.diere urine uit.

Braaksel reuk uit matte:

• Koeksoda, wit asyn, bloekomolie.

• Sit Vanilla in’ n spuit bottel. Gooi water by. Maak dit maar sterk aan. Spuit mildelik oor die kol waar die probleem is. Los dan net om droog.

• Droe koeksoda wat oorgestrooi word en ‘n ruk gelos word werk net so goed.

• Maak ‘n pasta van koeksoda en water aan. Smeer op area en vee dan met skoon klam lap af. Gooi dan droë koeksoda oor die area en laat staan vir ‘n uur. Stofsuig na ‘n uur.

Suur melk reuk uit matte:

• Was met Koeksoda en asynwater.

• Gooi vanilla essens op plek waar melk uitgeloop het. Dt vat die reuk weg.

• Sny twee pynappels middeldeur enlos in jou kar vir so vier dae, of los dit daarin totdat die reuk uit is. Dit werk!

• Kap n ui in die helfte en los vir 24uur. Trek reuk uit.
• Gooi skoon milton op die melk kol.

Suur reuk uit fles:

• Koeksoda met kookwater laat staan vir ‘n dag en spoel dan goed uit. Laat fles ‘n dag lank in son om droog te word, en stoor sonder prop op.

• Suurlemoen sap gemeng met eetlepel koeksoda in lou water. Droog uit in die son vir ‘n dag lank, stoor sonder prop op.

Diesel reuk uit klere:

Laat lê in oplossing van Boraks water vir paar uur en was dan met Sunlightseep.

Motbol reuk:

Gooi Dettol by wasgoedwater, verwyder enige reuk.

Vrot reuk uit Skulpe:

Kook dit in soutwater om van daai vrot reuk ontslae te raak. Kook vir 15 tot 30 min, haal uit en laat afkoel.

Dooie rot/muis reuk:

Plaas ñ bakkie met hth onder die kas.

Drein & afvoerpype reuk:

Gooi halwe boks koeksoda in die drein af. Gooi dan halwe koppie wit asyn in, en hou ou lappe gereed om die drein bo toe te druk sodat niks kan uitkom nie. Los die konkoksie vir ongeveer ‘n half uur in die drein, en gooi dan ‘n ketel vol kookwater stadig af in die drein.

Uie reuk aan hande:

Smeer jou hande met sunligth seep en vryf jou hande op vlekvrye wasbak

Plastiekhouer reuke:

• Reuke kan verwyder word deur brandspiritus en water daarin te gooi, en ‘n paar uur te laat staan.

• Kerrievlekke:Jik & warm water.

• Meng ‘n eetlepel bakpoeier met warm water, en gooi in houer. Laat staan vir halfuur. Indien daar nog ‘n reuk is, plaas ‘n stuk opgevrommelde koerantpapier daarin, dit sal die oorblywende reuk uittrek.

Muf reuk/kolle uit klere te kry:

• Maak gemufde klere skoon deur ‘n spons in ‘n mengsel van halwe koppie boraks en twee koppies warm water te doop. Wend aan op gemufde deel en laat ‘n paar uur staan tot vlekke uit is. Was dan normaalweg.

• Maak mufkolle nat met seep, gooi wynsteensuur op kolle en laat hang in die son tot droog. Was dan gewoonweg.

• Meng 1kg growwe sout meng met 2kg seeppoeier. (Of gooi net 'n handvol growwe sout saam met klere/handdoeke in drom, wanneer jy dit was) Baie goed vir mufreuk, veral handdoeke. Geen staysoft, sout & asyn vervang die staysoft. Gooi wit asyn in die houer vir Staysoft. Handdoeke sag en reukloos, en dit sal nie na asyn ruik nie.

• Was in warm seepwater, vryf die kledingstuk met sout, en hang in die son om droog te word.

• Neem ‘n halwe botteltjie vanilla essence, gooi dit in ‘n skottel met water en week die kledingstuk ‘n ruk daarin. Hang dit dan in die buitelig om droog te word.

• Week net jou kledingstuk oornag in sterk asynwater, dit behoort die reuk uit te kry, hang die volgende dag op om droog te word, en was dan soos gewoonlik.

• Week oornag in melk en hang in die son om droog te word, sonder om te was.

Muf reuk uit leer te kry:

Muf kan van leer verwyder word deur die agterkant van die leer met 1 teelepel denne-ontsmetstof wat in 500ml warm water opgelos is, af te vee.

Muf reuk uit laaie & kaste:

• Plaas stukke wit swartbordkryt (chalk) tussen klere en in laaie.

• Plaas lang stawe donkergroen Sunlightseep in kas.

• Was met Pine Gel of Detol uit

• Was kaste goed af met Jik, wanneer droog is , plaas gewone wit bord kruit daarin-sommer genoeg.

Muf reuk uit matte:

• Meng gelyke dele amoniac, sunlight liquid en asyn, verdun met water - kolle op matte se moses.

• Strooi matte goed met koeksoda, los so vir ‘n paar dae en stofsuig dan. Intussen kan jy op die mat loop, dit help dat die koeksoda in die vesels ingetrap word. Herhaal totdat reuk weg is.

Verf reuk:

• Vanieljegeursel of asyn in ´n piering verwyder die sterk verfreuk in ´n pasgeverfde vertrek.

• Uie in die helfte gesny in 'n kamer wat pas geverf is, trek die reuk uit.

• Om die sterk verf reuk uit ‘n vertrek te verwyder, plaas ‘n skottel met water waarby ‘n goeie hoeveelheid Ammoniak bygevoeg is in die vertrek en die verfreuk trek in die water in.

• Brand twee kerse in die middel van die vertrek. Dit verwyder die skerp reuk.

• Gooi ‘n botteltjie vanilla geursel in ‘n bakkie of in ‘n piering en plaas in vertrek waar die verf reuk is. Dit sal sommer gou die reuk verwyder.

• As jy weer verf, onthou dat jy vanilla essence mag bygooi by die PVA verf, dit sorg dat jou kamer binne 'n uur verf reuk loos is. -Was die mure met suikerseep en vanilla essence af.

• Baie belangrik: verf het ook ‘n vervaldatum! As jy verf gebruik het wat “vrot”, sal jy moelik van daai reuk ontslae raak. Al wat dan help is goeie ventilasie met oop deure en vensters.

Wasmasjien aanpaksels & reuke:

• 2 Koppies koeksoda, halwe koppie Domestos en 1 bottel Wit asyn. Doen 'n vol siklus met dit (sonder wasgoed), verkieslik warm water. Herhaal indien nodig. Nou moet jy net elke 3 maande hierdie proses herhaal sodat jou wasmasjien nie aanpaksels opbou nie. Baie mense verkies ook om hulle klere met asyn te spoel in plaas van Stasoft en ander wasgoed versagmiddel. Dit verhoed aanpaksels, maak klere sag en hou wit klere wit. Jy hoef glad nie te bekommer nie, die klere sal nie na asyn ruik nie.

• Maak wasmasjien vol warm water en dan gooi dan skottelgoedwasser poeier (Sun Automatic dishwashing poeier) in, jy sal verbaas wees hoeveel van daardie swart goed kom los. Dit was die LG mense se raad aan my! Dit werk wonderlik! So 2 koppies.

• Los altyd deur van wasmasjien oeffens oop tussen wasse.

• Gooi ‘n tablet wat jy in die skottelgoed wasser, gooi sonder klere en doen ‘n siklus op warm, dit werk!

• Gooi groot bottel asyn in was op ‘n warm siklus, sonder klere.

Yskasreuke:

• Om stank te verdryf uit ‘n vrieskas was goed met Handy Andy of asyn & vanielje water, spuit gewone Doom oral in hoekies en gaatjies om bakterieë te vernietig en plaas ‘n paar Swembad Chloor-balletjies in ‘n oop houer in die kas en maak die deur toe. Indien moontlik laat staan 24 tot 48 uur.

• Sit ‘n stukkie steenkool of ‘n paar houtskoolblokkies (waarmee jy vleis braai) in die yskas.

• Plaas ‘n ou spesery botteltjie (oop) gevul met vanilla essence in yskas.

• Maak vir jou 'n pasta met koek soda, vryf die hele binnekant daarmee uit en was dan met 'n 50/50 vanilla mengsel uit. Plaas nou 'n paar houtskoolblokkies of Geaktiveerde koolstof/activated charcoal in die yskas en los daar vir 'n paar dae.

• ‘n Rou ui wat geskil en deur gesny is in ‘n piering doen glo ook die ding.

• Sny n paar aartappels middeldeur en suurlemoene. Dit werk goed. Skakel die vrieskas aan as jy dit insit.

• Meng water en ‘Vim’ tot pasta. Smeer yskas . Laat staan oop vir dag of twee. Was dan skoon. Herhaal indien nodig. Oopstaan baie belangrik, die spul moet lug kry!

• ‘n Oop houer koeksoda werk , vervang dit so elke 3 maande

Laat staan ‘n bakkie vanilla en ‘n bakkie met droë koeksoda vir ‘n paar dae in die vrieskas, hou dit toe. Dit vat lank, maar dit kom ‘eventually’ reg!

• Was die vrieskas of yskas uit met koeksoda . Vul ‘n paar bakkies met vanilla essence en sit in die yskas saam met ‘n paar blokke charcoal (steenkool).

• Sprinkel met droe koeksoda en los oornag. Was die vrieskas met vars suurlemoensap uit en laat staan om droog te word, was dan af met water en maak droog en was weer met suurlemoensap. Die suurlemoensap breek die vrot reuk ensiemme af.

• Vee die kante van die ys/vrieskas met die vanilla lappie, moenie afvee nie! Sny ‘n suurlemoen (‘n HELE klomp, actually!) in die helfte, vryf in koeksoda en vryf die yskas en die rubbers daarmee. Los die vesels net so op die kante. Laat staan tot dit goed droog is en was dan met warm seepwater. ‘n Paar blokke steenkool werk ook.

• Maak die hele "deep freezer" droog, dra buite in die son en spuit die hele vrieskas met Dettol All Purpose cleaner die groen een, laat staan so vir n half uur en was dan uit met Demostos water. Laat staan vir so 'n hele dag in die son.

• Vat sommer ‘n roomys bak vol charcoal en los dit vir ‘n paar dae in die vrieskas.

• Die cat litter wat vir katte gebruik word werk ook. Sit in oop bak in die yskas/vrieskas en maak die deur toe vir 'n dag of twee.

• Verf die vrieskas met skoon Jik en los dit vir ‘n paar uur! Was dit dan met skoon water. Die reuk het heeltemal verdwyn na ‘n paar keer se verf met die Jik.

• Meng koue water en vanilla en sny baie uie in sit oral in huis vat tot verf reuke uit huis binne 'n dag.

SEEP (WASGOED POEIER) om reuke te verwyder:

250g boraks, 150g wassoda, 140g Oxiclean (jy kan dit uitlaat, maar ek het 'n morsige kind en man), 1 koekie sunlight seep (groen, pienk of wit), 180g koeksoda, Rasper seep fyn, meng met res van bestanddele en hou in emmer of bottel wat dig sluit. Gebruik 1-2 eetlepels per bondel wasgoed.

Jy het slegs 2 eetl poeier nodig per swaar vrag (7-8kg) wasgoed! Die koeksoda maak die witgoed witter, gekleurde goed helderder. Verwyder ook alle reuke. Die Boraks maak witgoed witter, verhoog die pH van die water wat die werking van die seeppoeier verbeter.