Wednesday 5 March 2014

Lam Kerrie




Lam Kerrie

500g Lams boud vleis in blokkies gesny
1tlp gemmer puree
1tlp. knoffel puree ...
1kp. uie puree
'n halwe kp. olie
1tlp. komynsade
1tlp. kojandersade
2-3 lourierblare
4 kerrieblare
1 kaneelbas
4 kardamoms
2tlps. garam masala
2tlps. "leaf masala 'n halwe tlp. rooipeper poeier
1tlp. borrie poeier
1tlp. rajah kerrie (medium)
1tlp. paprika 2kps.
fyngekapte tamaties sonder skil
1 beef blokkie
8 groot aartappels in blokke gesny
1tlp. sout

Verhit olie, gooi die komynsade, kardamoms, lourierblare, kerrieblare, kaneelbas en kojandersade daarin. Wanneer sade begin skiet, gooi dan die gemmer, koffel en uie puree by en roer oor hoë hitte tot lig bruin. Gooi garam masala, leaf masala, borrie poeier, paprika, rooipeper poeier en rajah kerrie by. Gooi vleis en beef blokkie by en roer deeglik deur op hoë hitte. Verminder hitte en laat die vleis kook, roer so nou en dan totdat die water op droog en vet bo op dryf. Roer in die fyngekapte tamaties en laat vir 5min kook, daarna die aartappels en sout en laat vir so 1uur en 30min simmer totdat vleis sag is. Bedien met Basmati Aromatic Indian rys.

(CHRISTA ADENDORFF)