Wednesday, 5 March 2014

Groentekerrie




Groentekerrie

Uit Cooking from the heart
Lewer 6 porsies
...
15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie
1 ui, gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
3 wortels, in blokkies gesny
2,5 ml (½ t) borrie
15 ml (1 e) kerriepoeier of na smaak
5 ml (1 t) masala van jou keuse
3 tamaties, in blokkies gesny
2 aartappels, geskil en in blokkies gesny of 300 g botterskorsie, in blokkies gesny
1 eiervrug, in blokkies gesny
125 ml (½ k) water
2,5 ml (½ t) sout
250 ml (1 k) blomkool, in blommetjies gesny of groenboontjies, in derdes gesny
¼ middelsag-kool, in repe gesny
1 x 410 g-blik gebakte boontjies in tamatiesous
suurlemoen en swartpeper na smaak
1. Verhit olie oor matige hitte in ’n groot kastrol en soteer ui, knoffel, wortels en speserye.
2. Voeg tamaties by en prut vir ’n paar minute. Roer aartappels of botterskorsie, eiervrug, water en sout by. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut met ’n deksel vir 20 minute.
3. Voeg blomkool of groenboontjies, kool en boontjies by en prut nog 20 minute of tot groente sag is. Geur na smaak en sit warm met ’n handvol koljanderblare voor.

Wenke
1. Gebruik enige geblikte bone of lensies van jou keuse. Voeg nog tamaties by, indien nodig.
2. Jy kan die kerrie ‘warmer’ maak, deur brandrissies en masala na smaak by te voeg.