Wednesday 5 March 2014

Kerrie en Piesang Frikkadelle Resep Druk




Kerrie en Piesang Frikkadelle Resep Druk
(6 porsies)
...
BESTANDELE:
Frikkadelle
- 2 dik snye witbrood
- 125 ml karringmelk
- 1 kg maer maalvleis
- 1 ui, gerasper
- 1 eier

- 12,5 ml blatjang
- 2 ml kerriepoeier
- 2 ml neutmuskaat
- 2 ml naeltjies
- Sout en peper
- Koekmeelblom

Sous
- 25 ml margarine
- 4 groot uie, gekap
- 25 ml koekmeelblom
- 125 ml asyn
- 15 ml suurlemoensap
- 750 ml water
- 12,5 ml kerriepoeier
- 5 ml borrie
- 37,5 ml appelkooskonfyt
- 12,5 ml blatjang
- 10 ml suiker
- 6 ryp piesangs

Stoofplaat en oond

Die frikkadelle:
Week die brood in karringmelk en meng dit in met die res van die frikkadelbestandele, alles behalwe die koekmeelblom.
Vorm die frikkadelle, en rol dit in die koekmeelblom en pak dit los in ‘n oondskottel met ‘n deksel.
Voorverhit die oond tot 190° C ( 375° F )

Die sous:
Verhit die margarine in ‘n kastrol, voeg uie by en braai tot dat sag.
Voeg al die ander bestanddele by, behalwe die piesangs en roer.
Sny nou twee van die piesangs in skywe en roer dit by die sous.
Laat die sous prut vir ‘n paar minute tot die piesangs sag is.
Sny die ander 4 piesangs in skywe en strooi oor die frikkadelle in die oondskottel.
Gooi die sous bo-oor, plaas deksel op oondskottel en bak vir 1,5 – 2 uur of tot gaar.
Sit voor saam met rys, klapper en mengelslaai.