Wednesday 5 March 2014

Beesvleis Kerrie




Beesvleis Kerrie

Metode
1 ui
Bietjie olie ...
2 eetlepels kerrie (verkieslik 'n masala kerrie)
Sout
1kg Beesvleis in blokkies gekap
Knoffel en gemmer
Koljander
Kerrieblare
4 kardemonsade
Kwart teelepel naeltjies
1 Steranys
4 Tamaties – opgekap
5 Aartappels in lengte gesny (probeer pampoen in die plek van aartappels)
Metode:
Braai uie, naeltjies, koljander, kardamonk, knoffel en gemmer in olie tot bruin en voeg kerrie by totdat dit gaar gebraai is.
Voeg vleis by en braai totdat kerrie lekker in vleis getrek het.
Voordat vleis begin brand voeg bietjies bietjies water of wyn by totdat vleis lekker sag is.
Kook oor lae hitte.
Voeg laastens tamaties by en kook totdat tamaties lekker sous maak.
Ps. Geheim van Kerrie – moenie toegooi onder water. Gooi elke keer net genoeg water by om te laat prut.
Nog ‘n wenk: kook kerrie stadig en met baie geduld en liefde.
En net vir oulaas: tamatie in kos altyd lekker as jy bietjie suiker en asyn byvoeg.