Wednesday 5 March 2014

Romerige hoenderkerrie




Romerige hoenderkerrie

• 8 hoenderdytjies • 25 ml sonneblomolie • 1 ui, in dun skyfies gesny • 5 ml fyngedrukte knoffel • 5 ml gerasperde gemmer • 45 ml matige hoender-kerrie-masala (of kerriepoeier) • 1 blik klappermelk • 300 ml klaargemaakte hoenderaftreksel • 4 aartappels, geskil en in blokkies gesny • 200 ml bevrore ertjies • 50 ml geroosterde kasjoeneute 1 Trek die vel van die hoenderdytjies af. Verhit ’n bietjie sonneblomolie ...in ’n kastrol en braai die hoenderstukkies bruin. Skep die hoender uit die kastrol en hou dit eenkant. 2 Verhit die res van die olie en soteer die ui tot sag. Voeg die knoffel, gemmer en hoenderkerrie-masala by. Roer ’n bietjie klappermelk en die hoenderaftreksel by. Voeg die hoenderstukke en aartappels by en verhit dit tot kookpunt. Verlaag die hitte, sit die deksel op en laat dit vir 35 minute prut. Gooi dan die res van die klappermelk en die ertjies by. Laat dit vir vyf minute prut. Geur die kerrie na smaak en sit dit voor met ’n strooisel kasjoeneute bo-oor.

Die klappermelk kan vervang word met klapperroom, 400ml ongegeurde lae vet jogurt.