Monday 10 February 2014

VISVINGERS OP RYS:




Lourens de Lange
VISVINGERS OP RYS:
12 visvingers
125ml melk
60ml mayonnaise
250ml fyn gerasperde kaas...
1ml rooipeper
25ml blatjang
12.5ml ui, gerasper
12.5ml soetrissie, fyn gekap
2.5ml sout
750ml gaar, warm rys

Berei die visvingers voor volgens die aanwysings op die pakkie. Gooi die melk in ‘n kastrol. Voeg die mayonnaise, kaas en rooipeper en verhit. Roer 2 minute lank aanhoudend. Roer die blatjang, ui en soetrissie by die sous. Verhit totdat alles warm is. Plaas die rys op ‘n opdienbord en rangskik die visvingers bo-op die rys. Gooi die sous oor die visvingers. Bedien die gereg warm.