Monday 10 February 2014

Geurige kerrievis




Lourens de Lange
Geurige kerrievis

1,2 kg stukke vars stokvis, kabeljou of enige ander vis,
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
250 ml (1 k) koekmeelblom...
125 ml (½ k) kookolie vir braai
4 ekstragroot eiers, geklits
Kerriesous
3 groot uie, geskil en in skywe gesny
375 ml (1½ k) bruinasyn
60 ml (¼ k) water
45 ml (3 e) suiker
5 ml (1 t) borrie
10 ml (2 t) kerriepoeier
1 ml (knippie) paprika, opsioneel
4 lourierblare
8 peperkorrels
sout na smaak

Metode

1. Druk visstukke met kombuispapier tot droog. Meng geurmiddels met meel en rol vis in die gegeurde meel.
2. Verhit ’n groot braaipan met olie. Dompel vis in die geklitste eiers en plaas direk in die warm olie. Braai vis vir ongeveer 5 minute aan elke kant, of tot gaar en goudbruin. Verwyder van olie, dreineer op kombuispapier en laat eenkant.
3. Sous: Kook al die bestanddele saam in ’n swaarboomkastrol vir ongeveer 10 minute.
4. Plaas vis in ’n diep bak en giet die kerriesous oor. Plaas in yskas oornag sodat geur kan deurtrek. Draai van tyd tot tyd om. Sit voor met paasbolletjies of enige ander broodrolletjies.