Monday 10 February 2014

VINNIGE VIS EN AARTAPPEL GEREG MET POTATOBAKE




Lourens de Lange
VINNIGE VIS EN AARTAPPEL GEREG MET POTATOBAKE

6 medium aartppels
2 groot uie
4 baby leeks ...
½ red pepper
½ green pepper
½ yellow pepper
1 kop sampioene
1tl knoffel
2 groot stokvis fillette
400 ml melk
potato bake poeier - geur van jou eie keuse
seafood spice
tabascosous - na smaak
sout en peper
botter
olie om in te braai

Sny aartappels in skywe en kook in water vir so 20 minute of tot gaar.
Sny die uie, peppers, baby leeks en sampioene in redelike klein blokkies.
Braai dit in ‘n pan op matige hitte tot bruin in die botter/olie.
Sny die vis in klein blokkies, voeg dit by die uie mengsel.
Braai dit vir so 10 minute.
Voeg dan die knoffel, seafood spice, sout en peper en tabascosous by.
Braai vir nog so 10 minute en dreineer aartappels.
Plaas die helfte van die aartappels onder in ‘n bak - ‘n 2 liter bak sal groot genoeg wees.
Skep die vis en uie mengsel bo op die aartappels, plaas die res van die aartappels bo op.
Meng die potato bake poeier met die melk.
Gooi bo oor die aartappels en bak vir so 10 minute by 180 * C.
Sit warm voor en geniet.